Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS - SONDAG 31 OKTOBER 2010

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die internet by www.sarl.org.za. Klik op 'ARMI' en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.

Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word, en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.

U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 7,066 en 3,695 MHz ESB. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

BEURSE VIR MEI 2011 RAE

RADIO UGANDA ON 7 195 kHz TRAAG OM TE SKUIF

SARL-LEDETAL

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede en ander belangrike en interessante nuusitems.

BEURSE VIR MEI 2011 RAE

Die Suid-Afrikaanse Amateurradio-Ontwikkelingstrust stel beurse vir studente jonger as 25 jaar beskikbaar vir die radioamateureksamen in Mei 2011.

Die waarde van ’n beurs is R1 000 en dit dek die eksamenfooi, een jaar se studentelidmaatskap van die SARL en ’n gedeelte van die kursusfooi.

Die beurse is beskikbaar gestel deur die familie van Tony Reumerman, ZS6AOG, deur die verkoop van toerusting. Tony is gestremd en kan nie meer in amateurradio bedrywig wees nie. Die beurse is ter erkenning van Tony se bydrae tot innovasie in amateurradio.

Aansoekvorms is beskikbaar op www.amateurradio.org.za. Aansoeke sluit op 15 Januarie 2011 en suksesvolle aansoekers sal teen 20 Januarie ingelig word en hulle beurse sal elektronies oorgeplaas word.

Die Amateurradio-Ontwikkelingstrust se beursfonds word deur donasies gefinansier. Vir meer inligting oor hoe u tot die fonds kan bydra, gaan na www.amateurradio.org.za.

RADIO UGANDA ON 7 195 kHz TRAAG OM TE SKUIF

’n Ugandese uitsaaier bly hardekop en weier om pad te gee uit die gedeelte van die 40 m-band wat toegeken is vir alleengebruik deur radioamateurs. Dit, selfs na kennisgewing deur die regering, gaan Radio Uganda voort om op die amateurradiofrekwensie van 7 195 kHz uit te saai.

Volgende op kennisgewing deur 5X1JM, het die Uganda Kommunikasiekommissie die uitsaaier Radio Uganda ingelig dat hy nie toegelaat is om die frekwensie wat in die gedeelte wat in die frekwensieband, wat vir amateurradio se eksklusiewe gebruik val, te gebruik nie. Tot dusvêr het die stasie voortgegaan om die frekwensie te gebruik en dit mag nog ’n hele tyd duur voordat hy daar padgee.

Waarnemers sê dat die punt minstens nou gestel is en daar nou deur die Ugandese regering begin is met stappe teen die tans ongemagtigde gebruik van die frekwensie.

Fred Scheepers, ZS1FCS, versoek u deelname aan die monitering van die 40 meter amateurband en om enige oortreding deur ongemagtigde stasies aan die SARL/IARU se moniteringsdiens per e-pos aan intruder@sal.org.za te rapporteer. Sluit asb. soveel moontlike inligting in soos tyd van bedryf, stasie-identiteit en, indien beskikbaar, ’n mp3-opname van die stasie se identiteit wat normaalweg op die uur en die halfuur gehoor kan word.

SARL-LEDETAL

Die ledetal van die SARL staan nou op 1 382, slegs 78 kort van die jaar se mikpunt van 1 460. Indien u hernuwing nog uitstaande is, betaal asb. nog vandag of bel Mariska Maandag by 011 675 2393 vir besonderhede. Indien u nognie ’n lid is nie, sluit asb. nou aan en ondersteun u stokperdjie met lidmaatskap van die SARL. Aansoekvorms is beskikbaar by www.sarl.org.za of bel Mariska Maandagoggend by 011 675 2393.

KOMPETISIE-UITSLAE

2009 CQ WW KOMPETISIE

Bernie van der Walt, ZS4TX, het aan die 2009 CQ WW DX GG-kompetisie in die enkeloperateur, alle bande, hoë krag kategorie deelgeneem en het 8 1167 500 punte aangeteken. Dit het hom in die 6de plek in die wêreld in hierdie kategorie geplaas. Welgedaan, Bernie!

2010 SARL HF GG-KOMPETISIE.
Nege logstate is ontvang vir die HF GG-kompetisie, verteenwoordigend van vyf klubs en drie roepgebiede. Die volledige uitslae is in HF Happenings 426 gepubliseer. Die wenners, met hul puntetellings is as volg:

Enkeloperateur.
1ste, Vidi la Grange, ZS1EL, 94 punte
2de Hans Kappetijn, ZS6KR, 84
3de John Kramer, ZS5J, 64

Multi-operateur.
1ste Wesrand ARK, ZS6WR, 100 punte

Bruce Dunn, ZS5XT, het die hoogste telling op 'n enkelband behaal met sy 48 punte op 40 meter.

Die gekombineerde telling vir die HF Foon- en GG-kompetisies is:
1ste, Wesrand ARK, ZS6WR, 262
2de, Jan Botha, ZS4JAN, 226
3de, Hans Kappetijn, ZS6KR, 223

Die uitslae van die Klubkompetisie is soos volg:

Foon.
1ste, ZS-kompetisiegroep, 451 punte
2de, Wesrand ARK, 325
3de, Highway ARK, 305

GG.
1ste Boland ARK, 146 punte
2de,Wesrand ARK, 126
3de, Pretoria ARK, 84

Puntetelling vir Foon en GG gekombineerd.
1ste, Wesrand ARK en die ZS Kompetisiegroep, 451 punte elk
3de, Pretoria ARK, 383
4de, Highway ARK, 305

BHF/UHF-Kompetisie, 2de been, gehou op 18/19 September 2010.

Veldstasie, multioperateur.
Wenner, ZS6PTA/4, 113 210 punte

Tuisstasie, enkeloperateur.
1ste,, ZS6OB, 30 252 punte
2de, ZS6BB, 9 584

Tuisstasie, digitaal, enkeloperateur.
Wenner, ZS2ACP, 70 805 punte

VOLGENDE KOMPETISIE

Die tweede RaDAR-kompetisie vind op Saterdag 6 November van 12:00 UTC tot 18:00 UTC plaas. Dit is ’n multimoduskompetisie op alle amateurbande, uitgesluit die WARC-bande maar met insluiting van satelliete.

Die kompetisie is vir almal, tuis, in jou kar, in die veld, enige modus, GG, ESB, FM of digitale modusse. Ondersteun jou vriende in die veld, jy weet nooit nie, jy mag in die proses met iemand in ’n skaars ruitblok kontak maak.

Hierdie gebeurtenis is daarop gemik om die gebruik van vinnig ontplooibare stasies en antennas te bevorder, verkieslik sonder om staat te maak op normale hoofkragtoevoer (Eskom).

Roepseine, naam, QTH en ruitverwysing word uitgeruil. Die puntestelsel is so gestruktureer dat draagbare bedryf aangemoedig word. Vermenigvuldigers word gebruik om die gebruik van tydelike antennas en alternatiewe kragbronne te bevoordeel.

Lees die volledige reëls op Bls. 27 van die 2010 se kompetisiehandboek of besoek www.nwinternet.za.org/zs6bne/RaDAR/. Gebruik asb. die logboekformaat soos beskikbaar op die koppelings op die webtuistes.

Daar mag selfs internasionale deelname wees (Die RaDAR-begrip is ook in ander lande aanvaar), dus wees vir DX-stasie op die uitkyk. Belangrikste van alles, geniet die kompetisie!

JONG DAMES NET

Jonge dames word herinner aan die JD-net wat om 15:00 vanmiddag op die Magaliesherhaler op 145,750 MHz begin. Alle JD'S is welkom. Indien jy vir eers nie wil praat nie, gee jou roepsein. Indien u enige voorstelle of interessante nuus het om mee te deel is julle baie welkom om saam deel te neem. Die JD'S is ook welkom om vir Anette, ZR6JD, die organiseerder, te skakel by 073 199 9032 of om e-pos te stuur aan zr6d@ymail.com. Groot verskoning dat Anette se roepsein in verlede Sondag se bulletin as ZS6JD aangegee is.

JD’s in die Wes-Kaap wat graag 'n JD-net wil stig, kan Corrina, ZS1CC, per e-pos na corinna@lpt.co.za kontak.

VERSKONING

Verskoning word aangebied vir ’n kort berig wat in verlede Sondag se bulletin in Engels oor die beskikbaarkoming van die agterblad van Radio ZS vir advertensiedoeleindes ingesluip het. Die redakteur vertrou dat dit niemand verontrief het nie.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die sonaktiwiteitsvlak steeds laag is. Groot sonvlek 1 117 het 'n C-klas fakkel opgelewer en mag selfs 'n M-klas gebeurtenis veroorsaak. Die sonvlek is besig om te groei maar is in die proses om weg van die aarde af te draai. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling vir die week gaan minder as 25 wees.

20 m is die beste keuse vir DX gevolg deur 15 en 10 m. Smiddae en tot na die son gesak het gaan die toestande na Indië goed wees. Smiddae gaan toestande eers op 10 m en dan later op 15 en 20 m na Europa toe goed wees. Kontakte met Australië en Nieu-Seeland is met sonsopkoms op 20 m moontlik en ook op 40 m nadat die son gesak het. Kontakte met die VSA is uiteindelik weer op 15 m gedurende die laat middag en vroegaand moontlik. 15 m-openinge na Brasilië en Suid-Amerika is smiddae moontlik. Met die goeie 15 en 20 m-openinge gaan 17 m vol verrassings wees.

30 m kan vir die digitale en gelykgolfentoesiaste baie lonend wees met openinge na verskeie dele van die wêreld.

Plaaslik is 40 m die beste keuse met 20 en 30 m wat goeie kontakte oor die langer afstande kan oplewer. Vroegoggend en laatmiddag en ook saans, is 80 m die beste keuse, veral oor die korter afstande.

Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

31 Oktober – Vanmiddag, begin van JD-net om 15:00 op 145,750 MHz in Pretoria;
6 November – RaDAR-kompetisie van 12:00 UTC tot 18:00 UTC.
20 Januarie 2011 – Sluitingsdatum vir indiening van beursaansoeke vir Mei 2011 RAE, besoek www.amateurradio.org.za vir aansoekvorms.

SARL-nuus nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te stuur. Stuur dit - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans na www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later as die Donderdag voor uitsending nie.

Die SARL nooi u ook om te luister na die program "Amateur Radio Mirror International" wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n "podcast"-uitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op 'ARMI' en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 22:05 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

U het geluister na 'n bulletin wat deur George, ZS6NE, opgestel is.

Dankie dat u saamgeluister het, 73.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003